Laerskool Bloemfontein streef daarna om gebalanseerde leerders te lewer wat op akademiese, kultuur en sportgebied kan presteer. Die skool onderneem om akademies die leerders aan te moedig om te streef na uitnemendheid.
Op akademiese terrein poog leerders, onderwysers en ouers om die hoogste standaard te bereik en te handhaaf. Om dit te bewerkstellig bly onderwysers op hoogte van die nuutste tegnologie en onderwys metodes.