Daar word elke jaar 'n lekker kleure-atletiek gehou waar leerders aangemoedig word om aan 'n verskeidenheid items deel te neem. Leerders wat presteer in die onderskeie items ontvang dan afrigting en neem verder aan die atletiek byeenkomste in die stad deel.
Daar is elke jaar ook van die atlete wat deurdring na die Vrystaat atletiek Kampioenskappe. Laerskool Bloemfontein het al verskeie Vrystaat atlete opgelewer.
Die volgende items word aangebied:
- Naellope
- Langafstande
- Verspring
- Hoogspring
- Diskus
- Spiesgooi
- Gewigstoot