Laerskool Bloemfontein is een van die min skole wat ook Spesiale Onderwys kan aanbied. Dieselfde basiese werk van hoofstroom-onderwys word gevolg, maar word aangepas by die spesiale leerders se vermoëns. Sodoende kan leerders dan teruggeplaas word in hoofstroom-klasse indien agterstande ingehaal word binne ouderdomsperke van grade.
Spesiale Onderwys is dus tot voordeel van elke leerder. Die aantal leerders tot onderwyser is ook minder as in hoofstroom-klasse. Hul neem net soos enige ander leerder aan die skool se buitemuurse aktiwiteite deel.