Die hokkie-liga begin in die derde kwartaal. Die skool neem aan die stad se liga-wedstryde deel en daar word ook aan drie sportdae op Saterdae deelgeneem. Daar is 12 Afrigters by die skool wat 28 seuns- en dogtersspanne van Gr. 1-5 afrig om aan mini-hokkie deel te neem.
Dan is daar vyf afrigters wat verantwoordelik is om die 0/12 en 0/13 spanne af te rig vir senior hokkie.