Reëls Vir Leerders

Reels vir Leerders

  1. Ek mag nie in die klas/saal praat of raas nie.
  2. Ek moet in my ry loop wanneer ons wissel.
  3. Ek moet daagliks die regte skooldrag dra, ook wanneer ek smiddae my skoolklere aanhet. Hemde ingesteek.
  4. My hare moet volgens die skoolreëls wees.
  5. Ek mag slegs op die stoepe wees as ek 'n groenkaart het.
  6. Ek moet elke dag my huiswerk afskryf.
  7. Ek moet elke dag my huiswerk doen.
  8. Ek moet onderwysers en besoekers by die skool groet en respekteer.
  9. Ek mag nie in die klas eet nie.
  10. Ek mag nie laat kom vir skool nie.
  11. Ek mag nie laat kom vir klas nie.
  12. Ek moet die toilette netjies hou.
  13. Ek mag nie papiere rondgooi nie.
  14. Ek mag nie na skool, sonder rede by die skool wees nie.
  15. Ek mag nie by die skool baklei nie.
  16. Ek mag nie ander kinders se besittings vat nie.
  17. Ek moet altyd eerlik wees.
  18. Ek moet my skool se naam altyd hoog hou.

 

Laerskool Bloemfontein

Kontak Ons

Lormarinstraat, Bayswater, Vrystaat, Suid Afrika, 9301

  • Telefoon051 433 1913

  • Faks051 433 3067

  • Epos info@lsbfn.com

Search