Die skool bied krieket vir seuns sowel as vir dogters. In Gr. 1 is daar mini-krieket vir die beginners. Verder is daar 0/9, 0/11 en 0/13 spanne, wat in die stad se liga kompeteer.
Laerskool Bloemfontein het al verskeie Suid-Vrystaat spelers opgelewer en die leerders kry hier die geleentheid om hulle vaardighede te verbeter en so die spel te geniet. Die skool beskik oor twee velde wat op 'n goeie standaard is, sowel as krieket-nette wat gebruik word in die afrigting van spelers.